Olie: Die Krag van GodWanneer ons praat van olie en salwing dan dink baie mense dit is net vir Konings en priesters bedoel, en ek as gewone man/vrou kan dit nie ontvang nie. Olie verteenwoordig dus die Krag van God en dit sal sigbaar wees in ons lewens.
Ons het egter wel almal reeds die salwing ontvang die dag toe ons Jesus aangeneem het as ons verlosser.
Salwing beteken letterlik; om iets of iemand af te sonder.
Uit die oorspronlike Griekse vertaling word die volgende drie woorde gebruik wanneer daar verwys word na salwing; 1. Chrisma - (ointment) 2. Cristos - (Christ) 3. Chrio - (to anoint). Dus wanneer ek Jesus Christus toelaat in my lewe is ek dan gesalf. Onthou: "You are the righteousness of God in Christ". (Efe 1: 19-20)
Wat doen die salwing in my lewe?
1. Dit bring die Here se Seen (Ex 40:9) Dit wat jy salf sal geseend wees.
2. Dit is Bevestiging (1 Sam 16:13)
3. Bevryding (Jes 10:27)
4. Gesag (Zec 4:6)
5. Vreugde (Heb 1:9; Jes 61: 3)
6. Geneesing (Mar 6: 13; Jak 5: 14-15)
7. Reininging (Lev 14: 15-18; Eze 16:9)
