03 December 2009

3 Desember 2009


Die einde van die jaar is uiteindelik hier. Daar is egter 'n klompie mense wat uitsien na 'n heerlike vakansie weg van die huis af om lekker te ontspan. Vir die van julle wat nie so bevoorreg is om weg te gaan nie, maak die beste daarvan en gebruik die tyd om goed uit te rus.

Daar is 'n kind by Malvern Kinderhuis wat egter nie blyplek het vir die Desember vakansie nie. Indien jy belangstel of meer inligting wil he, skakel asb vir my of vir Wilma Engelbrecht op 0716265700.

Mag julle almal 'n Geseende Christusfees beleef en mag die jaar wat voorle vervul wees met al jou drome en begeertes.

Gary en Hanelie

4 comments:

  1. Hi Gary! Dis GREAT! Dankie vir jou moeite hiermee. Ek vertrou dat die mense hierdie sal gebruik. Ek dink dis tyd dat ons bietjie bid vir son - of hoe??

    ReplyDelete
  2. Dankie Ella, ek stem saam...die son is deesdae so skaars ek dra 'n foto daarvan saam met my....LOL

    ReplyDelete
  3. Hello Doxas, een van die dae gaan julle brand, dan gaan julle verlang na hierdie koel dae - LOL
    Maar om eerlik te wees,ek is ook al moeg vir die aanhoudende reen. Ek kan hoor hoe die gras groei en tuinwerk is nie my groot voorliefde nie. Ek is baie bly dat julle hierdie blog begin het en hoop dit brei uit om mense nader aan mekaar te bring en nog meer vriendskappe te sluit. Nou beter ek vinnig klaarmaak anders is ek laat vir kerk

    ReplyDelete
  4. Dit lyk al baie mooi my liefie. Ons kan nou werk aan ons eie familie blog. Daar is reeds een opgestel onder Kelly-family.

    ReplyDelete

Please take time to leave us a commet / suggestion or a message