07 December 2009

7 Desember 2009

Olie: Die Krag van God
Wanneer ons praat van olie en salwing dan dink baie mense dit is net vir Konings en priesters bedoel, en ek as gewone man/vrou kan dit nie ontvang nie. Olie verteenwoordig dus die Krag van God en dit sal sigbaar wees in ons lewens.

Ons het egter wel almal reeds die salwing ontvang die dag toe ons Jesus aangeneem het as ons verlosser.

Salwing beteken letterlik; om iets of iemand af te sonder.

Uit die oorspronlike Griekse vertaling word die volgende drie woorde gebruik wanneer daar verwys word na salwing; 1. Chrisma - (ointment) 2. Cristos - (Christ) 3. Chrio - (to anoint). Dus wanneer ek Jesus Christus toelaat in my lewe is ek dan gesalf. Onthou: "You are the righteousness of God in Christ". (Efe 1: 19-20)

Wat doen die salwing in my lewe?

1. Dit bring die Here se Seen (Ex 40:9) Dit wat jy salf sal geseend wees.
2. Dit is Bevestiging (1 Sam 16:13)
3. Bevryding (Jes 10:27)
4. Gesag (Zec 4:6)
5. Vreugde (Heb 1:9; Jes 61: 3)
6. Geneesing (Mar 6: 13; Jak 5: 14-15)
7. Reininging (Lev 14: 15-18; Eze 16:9)

03 December 2009

3 Desember 2009


Die einde van die jaar is uiteindelik hier. Daar is egter 'n klompie mense wat uitsien na 'n heerlike vakansie weg van die huis af om lekker te ontspan. Vir die van julle wat nie so bevoorreg is om weg te gaan nie, maak die beste daarvan en gebruik die tyd om goed uit te rus.

Daar is 'n kind by Malvern Kinderhuis wat egter nie blyplek het vir die Desember vakansie nie. Indien jy belangstel of meer inligting wil he, skakel asb vir my of vir Wilma Engelbrecht op 0716265700.

Mag julle almal 'n Geseende Christusfees beleef en mag die jaar wat voorle vervul wees met al jou drome en begeertes.

Gary en Hanelie