09 February 2010

Leierskap 3: Hoe Lei Ek Ander?

Wanneer ek leierskap in myself ontdek het is die volgende vraag altyd, hoe lei ek ander? Of kan ek ander lei? Of deur wat lei ek ander?
“Once leaders have life in proper perspective through self-examination, they are able to develop a trusting relationship with others” – Ken Blanchard
Sonder vertroue is dit onmoontlik vir enige persoon of organisasie om effektief te kan funksioneer. Vertroue is die sleutel vir twee mense om saam te kan werk. Vertroue kan net werk as ek weet wie ek is en aan wie ek behoort (leierskapsvaardigheid 2).

Waar begin vertroue?
Jesus is die beste voorbeeld van iemand wat ‘n omgewing geskep het van vertroue. In die begin van Sy bediening, nadat hy tyd in die woestyn spandeer het om te ontdek aan wie Hy behoort en wie Hy is. Begin Hy sy dissipels te roep en vir die volgende 3 jaar van Jesus se lewe spandeer Hy tyd om hul te dien sodat hulle mekaar kan vertrou, genade kan bewys en geloof geskep kan word.

(Mar 9:35) En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

Die plek van vertroue is die plek van diens

As ek as leier ‘n selfsugtige perspektief het van diens sal geen persoon na my toe aangetrek word nie, maar wanneer ek dien dan word mense outomaties na my toe aangetrek.

Vertroue vloei uit ‘n hart van liefde wat ‘committed’ is tot diens aan ander deur: Jou woord te hou, om bemoediging en waardering uit te spreek, deur ondersteuning en aanvaarding, deur vergifnis te gee en te ontvang, om te herstel. Die krag om herstel te bring lê opgesluit in een woord, LIEFDE. Luister na Paulus se woorde:

(1Kor 13:1-7) Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Stop en dink:

1. Skryf drie maniere neer hoe jy kan groei in vertroue.
2. Skryf twee goed neer wat steel van jou vertroue en wat jou leierskap op risiko plaas.
3. Dink aan ‘n tyd wat jy vertroue verloor het in ‘n leier. Hoe het jy gevoel? Hoe lank het dit gehou? Wanneer het jy hom of haar vergewe?

“Leadership is a relationship of influence” – Walter Wright

Besoek die Kleingroepe Blad
Besoek ons Toerustings Huisplan

Ondersteun Ons vennote

1 comments:

Please take time to leave us a commet / suggestion or a message