Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. (Joh 5:19 AOV)
Om effektief te wees as leier vra vir die belyning van my leierskap in 4 areas nl: hart, kop, hande en gewoontes. Die interne areas is my hart en my kop – dit bepaal my doel in die lewe. Die eksterne areas is my hande en gewoontes – dit bepaal of mense my gaan volg of nie. Wanneer al vier hierdie areas belyn is met mekaar lei dit tot, lojaliteit, vertroue en reproduksie. As dit nie belyn is nie lei dit tot frustrasie, wantroue en stagnering op die lange duur. Die vier Evangelies en Handelinge help ons om te verstaan hoe Jesus hierdie vier areas hanteer het in Sy lewe.
Hart
Leierskap is eerste ‘n geestelike saak van die hart. Wanneer ek en jy die geleentheid het om ander om ons te beïnvloed is die eerste vraag altyd: Is dit tot jou eie voordeel of die voordeel van die wat jy lei? Kyk na Jesus se voorbeeld :
‘Jesus, knowing (fully aware) that the Father had put everything into His hands, and that He had come from God and was [now] returning to God, Got up from supper, took off His garments, and taking a [servant's] towel, He fastened it around His waist. Then He poured water into the washbasin and began to wash the disciples' feet and to wipe them with the [servant's] towel with which He was girded. (Joh 13:3-5 AMP)’Jesus demonstreer aan ons dat leierskap is ‘n funksie van diens aan die mense wat ons lei.
Kop
Wanneer my hart die regte motiewe openbaar, dan is die volgende area van verandering die kop. Hier word dit wat ek glo (my waardes) en teorieë van leiding en motivering van mense geevalueer. Alle leiers het ‘n vertrekpunt oor hoe hulle leierskap sien en hoe hul die mense in hul sorg beïnvloed. Jesus se vertrekpunt was eenvoudig, wees funksioneel.
‘Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie. (Mar 10:45 AOV)’
In Doxa Deo wil ons sien dat elke mens wat wil lei die volgende waardesisteem sal openbaar: ‘n Koninkryksfokus, deursigtigheid, spanwerk, synergie, groei, reproduksie en uitnemendheid.
Deur hierdie waardessisteem te vestig in my en jou lewe dien ons die mense wat die Here in ons sorg geplaas het in Doxa Deo.Hande
Ander sal beleef wat in jou hart en kop is wanneer hierdie waardes deur jou hande in aksie geopenbaar word. Wanneer jy iemand is met ‘n diensbare hart met hierdie waardesisteem word jy ‘n uitdrukking van ‘n leier met passie.
‘Passion is an intensive, driving or overmastering conviction that demands action.’
Gewoontes
Jou gewoontes is hoe jy jou daaglikse ‘commitment’ as leier hernu. As leier is ek en jy uitverkoop om soos Jesus te dien deur ‘n lewenswyse van ‘n intense passie vir God, ‘n passie vir integriteit, ‘n passie vir mense, ‘n passie vir dienswerk, ‘n passie vir ons stad en ‘n passie vir die nasies.
Wat is die motief van jou hart as jy lei?
Stop en Dink:
- Wat is die motief van jou hart as jy lei?
- Wat is die waardes waarop jy jou leierskap bou?
- Wat sê ander is jou lewenswyse deur jou gewoontes?
Belangrike Datums om te onthou!!
- Al die Selroepe ondersteun die Tholothando Kinderhuis uitreik Saterdag 27 Februarie vanaf 08:00 tot 12:00. Ons vertrek 08:00 vanaf die kampus.
- Selleier Vergadering hierdie Sondag om 5uur by die kampus. As jy dit nie kan maak nie stuur asb jou assistent.
- Sondagaand is die volgende Doopgeleentheid. Almal wat gedoop wil word moet asb vir Gary kontak. Doopgesprek vind plaas Donderdagaand (25 Feb) om 19:00 by die kampus.
Links....Links.....Links
- Maak gerus 'n draai by die toerustings bladsy op ons web.
- Soek jy 'n Bybel Lexicon vir verdere studie...Kyk hier!!
Dit Lyk asof hy se: "BULLE BO!!"

Hierdie blog is ongelooflik. 'n goeie manier waarmee ons met jou kan kommunikeer. Weet egter nie so mooi van die Blu Bulle nie, klink eerder vir my soos SHARKS 4 EVA!!
ReplyDeleteJa,ja bulle bo!!! Die blog is 'great'.
ReplyDeleteGoeie inhoud. Ons moet dit net toepas! Dankie vir die gesonde inset.
ReplyDeleteHierdie is werklik 'n great tool om te gebruik. Ek vertrou dat baie meer mense die geleentheid sal gebruik om met ons te kommunikeer. Wat is dit nou weer met die Sharks??
ReplyDelete