Dit was Theodore Roosevelt wat gesê het: “We need leaders of inspired idealism. Leaders to whom are granted great visions, which dream greatly and strive to make their dreams come true; who can kindle the people with fire from their own burning souls. “
Daar is ‘n manier om te lei wat God verheerlik en restorasie bring tot jou persoonlike lewe, huisgesin, werk en kerk. Die antwoord tot die leierskap vraag lê opgesluit in Spr 3: 5-6:
With all your heart you must trust the LORD and not your own judgment. Always let him lead you, and he will clear the road for you to follow. (Pro 3:5-6 CEV)
Hy is die een wat lei, en as ek Hom volg dan lei ek ander op dieselfde manier. Nou dink jy dit is wonderlik ek kan Jesus volg. Maar is ek regtig ‘n Leier?
Leierskap is ‘n proses van invloed. Enige oomblik wat ek en jy ‘n begeerte het om ander se denkwyse, gewoontes of ontwikkeling in hul persoonlike lewens te beïnvloed. Dan is ek en jy besig om te lei.
Hier is ‘n paar voorbeelde:
‘n Ma met haar kind enige tyd van die dag.
‘n Vriend/ vriendin wat gevaal het in morele misstap en wat hom/haar afsny van die samelewing.
‘n Pa en Ma wat ooreenkoms soek op hul begroting op ‘n daaglikse basis.
‘n Volwassene wat advies gee aan sy/haar ouers oor hul oudag.
Twee dinge staan uit in hierdie lys:
1. Elkeen van hierdie mense is ‘n leier omdat hy/sy besig is om ander te beïnvloed, in ‘n positiewe of negatiewe manier.
2. Elkeen van hierdie leiers is besig om ‘n persoonlike besluit te maak oor hoe of tot watter mate hulle invloed gaan gebruik.
Meeste van die leiers wat ons lewens op ‘n daaglikse basis beïnvloed is mense soos ek en jy. Paulus het dit geweet en gee vir my en jou ‘n riglyn om ‘n goeie leier te wees.
If anyone wants to provide leadership in the church, good! But there are preconditions: A leader must be well-thought-of, committed to his wife, cool and collected, accessible, and hospitable. He must know what he's talking about, not be over fond of wine, not pushy but gentle, not thin-skinned, not money-hungry. He must handle his own affairs well, attentive to his own children and having their respect. For if someone is unable to handle his own affairs, how can he take care of God's church? He must not be a new believer, lest the position go to his head and the Devil trip him up. Outsiders must think well of him, or else the Devil will figure out a way to lure him into his trap. (1Tim 3:1-7 MSG)
Stop en dink:
1. Daar is ‘n roep na leierskap, is jy besig om te lei?
2. As leier, is jy besig om mense positief of negatief te beïnvloed?
3. Lees deur 1Tim 3:1-7, waaraan moet jy werk in die volgende week?
-----------------------------------------------------------------------------------
Ondersteun Ons vennote

Awesome Blog die....
ReplyDelete