02 March 2010

Leierskap 6: Die rol van leierskap en waardes


** [Gaan na die onderkant van die bladsy en druk op "Comments" om jou
kommetaar / Boodskap / Voorstel te los]



Leadership is about going somewhere

Effektiewe leierskap begin by duidelike visie. Of dit ‘n persoonlike visie is, vir jou familie of vir jou organisasie. Almal wil altyd weet waarheen is jy oppad en waarheen vat jy my. As ons nie weet waarheen ons oppad is nie sal ons nooit die om ons opgewonde kry oor die ‘journey’ soontoe nie.

Wanneer Jesus mense gelei het was daar altyd twee faktore teenwoordig, rigting (direction) en bemagtiging (empowerment). Vir hierdie twee faktore om effektief te kan funksioneer vra vir die regte waardes.

In Jesus se lewe was sy rigting dit: ‘Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. (Mat 4:19 AOV)’. Hy het sy dissipels bemagtig deur vir hul die prentjie van die toekoms te gee: ‘Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Mat 28:19 AOV) Wanneer hy gekonfronteer word oor sy waardes was sy antwoord: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Mat 22:36-39 AOV)’

Net so in Doxa Deo glo ons onwrikbaar dat die Here ons ‘n droom gegee het wat sê:  Vestig die heerskappy van God in 12 stede.  Bemagtig elke mens om ‘n ‘city changer’ te word deur te ‘surrender, serve en subdue’. Hierdie droom is slegs moontlik deur die vestiging van kernwaardes in die volgende areas van funksionering:

Leierskap wat uitdrukking vind in: Visie, waardes, mensontwikkeling en strategiese belyning.
Bestuur wat uitdrukking vind in: Beplanning, koördinering, monitoring en probleemoplossing.
Bediening wat uitdrukking vind in: Versorging, toerusting, aanbidding en uitreiking.

In al drie hierdie areas is daar kernwaardes wat ‘embrace’ moet word. Hierdie waardes is die invloed wat die kultuur vestig in alles wat ons doen. Om die belangrikheid van waardes te verstaan het ons nodig om te weet wat is dit en wat doen dit.

We can define core values as the constant, passionate, biblical core beliefs that drive a person.
Die effek van waardes kommunikeer die volgende in jou lewe: Dit wat belangrik is. Wat jou gedrag gaan wees. Hoe jy mense gaan inspireer tot aksie. Wat die dryfkrag gaan wees van jou bediening.
Waardes beïnvloed die volgende: Hoe jy keuses maak. Hoe jy risikos neem. Wat jou prioriteite gaan wees. Hoe jy konflik gaan hanteer. Hoe jy jou bronne gaan aanwend.

Stop en dink:

  • Wat is die rigting van jou lewe?
  • Is jy besig om die om jou te bemagtig om ‘city changers’ te word?
  • Stem jou waardesisteem ooreen met die van Doxa Deo?
Core values are those vital few values that all members of the organization are expected to use, live by and demonstrate on a daily basis while executing their work responsibilities.


Belangrike Datums om te Onthou
==  11 Maart - Kindertoewydings gesprek.
==  14 Maart - Kindertoewyding tydens Sondagoggenddiens.
==  17 Maart - Original Vroue event by die Kampus saam met Tracey Oliver.
==  Elke Maandagaand - Gebed in Lesing Lokaal.
Check hierdie uit!!


Links....Links.....Links....Links....
1.  Maak gerus 'n draai by Mirror Reflection vir toerusting material, downloads en nog meer.
2.  Gaan kyk na Pinetown Kampus se kleingroepe bladsy
3.  Gebruik die boustene op ons toerustings bladsy in jou gespreke met ander.

"Crouch"...."Touch"...."Pause"....."Engage"

2 comments:

  1. Jou blog lyk al baie goed. BAie mooi gedoen!

    ReplyDelete
  2. Dankie Gary vir al die ongelooflike insette wat jy lewer. Die blog is great en ons waardeer jou.

    ReplyDelete

Please take time to leave us a commet / suggestion or a message