*********************************************************************
Hierdie jaar is druk aan die gang en kan jy dit glo dit is al die einde van die eerste kwartaal. Tot en met datum het ons al oor die 40 besoekers gehad wat die Kampus die eersate kwartaal besoek het. Baie dankie ook aan al die selleiers wat so hard gewerk het die afgelope paar weke en veral vir hulle toewyding en bereidwilligheid om 'n verskil te maak in die lewens van mense.
Ek wil ook graag 'n versoek rig aan almal wat hierdie brief ontvang om te bid tov om betrokke te raak by die HOPE (Help Our People Eat) projek. Ons het die eerste kwartaal heelwat families uit die HOPE projek geondersteun. Ons het egter 'n tekort aan sekere kos tipes wat ons uitgee en dus sal jou betrokkenheid 'n wesenlike verskil kan maak. Baie dankie ook aan almal wat reeds kos of finansieel bydra.
Indien jy by die HOPE projek betrokke wil raak, kontak asb vir Hanelie op 0824531723 of epos hanelie@doxadeo.co.za.
Ons waardeer julle
Pinetown Span
****************************************************
Funny Factory
"Vuvuzella in Stereo"


No comments:
Post a Comment
Please take time to leave us a commet / suggestion or a message