24 February 2010

Leierskap 5: Belyning van my leierskap

Wanneer ek na Jesus se leierskap kyk dan kom ek agter dat Hy homself altyd belyn het met dit wat die Vader gesê of gedoen het.
Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. (Joh 5:19 AOV)
Om effektief te wees as leier vra vir die belyning van my leierskap in 4 areas nl: hart, kop, hande en gewoontes. Die interne areas is my hart en my kop – dit bepaal my doel in die lewe. Die eksterne areas is my hande en gewoontes – dit bepaal of mense my gaan volg of nie. Wanneer al vier hierdie areas belyn is met mekaar lei dit tot, lojaliteit, vertroue en reproduksie. As dit nie belyn is nie lei dit tot frustrasie, wantroue en stagnering op die lange duur. Die vier Evangelies en Handelinge help ons om te verstaan hoe Jesus hierdie vier areas hanteer het in Sy lewe.

Hart

Leierskap is eerste ‘n geestelike saak van die hart. Wanneer ek en jy die geleentheid het om ander om ons te beïnvloed is die eerste vraag altyd: Is dit tot jou eie voordeel of die voordeel van die wat jy lei? Kyk na Jesus se voorbeeld :
‘Jesus, knowing (fully aware) that the Father had put everything into His hands, and that He had come from God and was [now] returning to God, Got up from supper, took off His garments, and taking a [servant's] towel, He fastened it around His waist. Then He poured water into the washbasin and began to wash the disciples' feet and to wipe them with the [servant's] towel with which He was girded. (Joh 13:3-5 AMP)’
Jesus demonstreer aan ons dat leierskap is ‘n funksie van diens aan die mense wat ons lei.

Kop

Wanneer my hart die regte motiewe openbaar, dan is die volgende area van verandering die kop. Hier word dit wat ek glo (my waardes) en teorieë van leiding en motivering van mense geevalueer. Alle leiers het ‘n vertrekpunt oor hoe hulle leierskap sien en hoe hul die mense in hul sorg beïnvloed. Jesus se vertrekpunt was eenvoudig, wees funksioneel.
‘Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie. (Mar 10:45 AOV)’
In Doxa Deo wil ons sien dat elke mens wat wil lei die volgende waardesisteem sal openbaar: ‘n Koninkryksfokus, deursigtigheid, spanwerk, synergie, groei, reproduksie en uitnemendheid.
Deur hierdie waardessisteem te vestig in my en jou lewe dien ons die mense wat die Here in ons sorg geplaas het in Doxa Deo.

Hande

Ander sal beleef wat in jou hart en kop is wanneer hierdie waardes deur jou hande in aksie geopenbaar word. Wanneer jy iemand is met ‘n diensbare hart met hierdie waardesisteem word jy ‘n uitdrukking van ‘n leier met passie.
‘Passion is an intensive, driving or overmastering conviction that demands action.’

Gewoontes

Jou gewoontes is hoe jy jou daaglikse ‘commitment’ as leier hernu. As leier is ek en jy uitverkoop om soos Jesus te dien deur ‘n lewenswyse van ‘n intense passie vir God, ‘n passie vir integriteit, ‘n passie vir mense, ‘n passie vir dienswerk, ‘n passie vir ons stad en ‘n passie vir die nasies.
Wat is die motief van jou hart as jy lei?
Stop en Dink:
  • Wat is die motief van jou hart as jy lei?
  • Wat is die waardes waarop jy jou leierskap bou?
  • Wat sê ander is jou lewenswyse deur jou gewoontes?
Ons glo dat as jy hierdie beginsels deel in jou hart, kop, hande en gewoontes sal jy in ‘n posisie wees om die mandaat wat God aan ons gegee het as Doxa Deo tenvolle te kan uitleef.



Belangrike Datums om te onthou!!
  • Al die Selroepe ondersteun die Tholothando Kinderhuis uitreik Saterdag 27 Februarie vanaf 08:00 tot 12:00. Ons vertrek 08:00 vanaf die kampus.
  • Selleier Vergadering hierdie Sondag om 5uur by die kampus. As jy dit nie kan maak nie stuur asb jou assistent.
  • Sondagaand is die volgende Doopgeleentheid. Almal wat gedoop wil word moet asb vir Gary kontak. Doopgesprek vind plaas Donderdagaand (25 Feb) om 19:00 by die kampus.



Links....Links.....Links



Dit Lyk asof hy se:  "BULLE BO!!"

16 February 2010

Leierskap 4: As ons almal net wil saamwerk ?

As leiers is een van ons grootste verantwoordelikhede om ‘n omgewing te skep van vertroue. Die oomblik wat dit gebeur is die volgende stap in my leierskap die bekragtiging (empowerment) van die mense om my.

Kwaliteit leiers verstaan dat hulle goeie rentmeesters moet wees van die energie en pogings van die mense wat saam met hul werk. Dit vra vir respek en die vier van diversiteit van elke persoon wat in hul sorg geplaas is. Die krag hiervan is opgesluit in die woord: SPANWERK

‘None of us is as smart as all of us’

Nadat Jesus tyd en energy gespandeer het aan Sy dissipels se ontwikkeling as leiers, het Hy hul uitgestuur in spanne van twee.

(Mar 6:7-10 MSG) Jesus called the Twelve to him, and sent them out in pairs. He gave them authority and power to deal with the evil opposition. He sent them off with these instructions: "Don't think you need a lot of extra equipment for this. You are the equipment. No special appeals for funds. Keep it simple. And no luxury inns. Get a modest place and be content there until you leave.

Jesus het hul bekragtig om namens Hom mekaar te ondersteun in die vervulling van die werk waarvoor Hy hulle opgelei het. Vertroue in mekaar is die sleutel to bekragtiging. Individue in my groep sal net mekaar bekragtig om ‘n doelwit te bereik as daar vertoue tussen mekaar is.

Die oomblik wat my fokus spanwerk is kom ek in konflik met my eie belange en prioriteite agv die feit dat ek ander se belange op die hart dra. Die beloning van spanwerk is opgesluit in die vervulling van kwaliteit verhoudings en die groei aan persoonlik karakter.

Die resultaat van goeie spanleiding is opgesluit in die belegging van waardes, prioriteite, nalatingskap en identiteit deur gedrag en keuses wat interafhanklikheid en lojaliteit bevorder. Hierdie leierskap gee uitdrukking aan groei, ontwikkeling en versorging van elke persoon deur die siklus van die lewe. Dit is hier waar buite omstandighede die minste invloed op die innerlike bron van Jesus Christus in ons lewens .

Stop en dink:

1. Hoe dink jy sal die mense in jou sorg jou leierskap beskryf in die volgende situasies?
a. ‘n Tyd van krisis
b. ‘n Tyd van mislukking
c. ‘n Tyd van oorwinning
d. ‘n Tyd van oorvloed
e. ‘n Tyd van behoefte
Hou jy van wat jy hoor? Indien nie, hoekom nie
Coming from circumstances of privilege and opportunity does not guarantee success as God defines it, nor does being raised in circumstances of abuse and poverty consign someone to failure. In any circumstance, at any time, anyone can choose to follow Jesus. In that moment, the external circumstances pale in comparison to the inner resources that knowing and following Jesus provides. – Ken Blanchard

Links....Links.....Links....
Besoek ook gerus ons webblad vir die weeklikse toerustings Skrywes
Maak ook gerus 'n draai by ons kleingroepe bladsy

Onthou die volgende datums:
1.  Al die Kleingroepe ondersteun Eagle Vision by die Tholouthando Kinderhuis uitreik op die 27 Februarie 2010 vanaf 08:00 tot 12:00.

09 February 2010

Leierskap 3: Hoe Lei Ek Ander?

Wanneer ek leierskap in myself ontdek het is die volgende vraag altyd, hoe lei ek ander? Of kan ek ander lei? Of deur wat lei ek ander?
“Once leaders have life in proper perspective through self-examination, they are able to develop a trusting relationship with others” – Ken Blanchard
Sonder vertroue is dit onmoontlik vir enige persoon of organisasie om effektief te kan funksioneer. Vertroue is die sleutel vir twee mense om saam te kan werk. Vertroue kan net werk as ek weet wie ek is en aan wie ek behoort (leierskapsvaardigheid 2).

Waar begin vertroue?
Jesus is die beste voorbeeld van iemand wat ‘n omgewing geskep het van vertroue. In die begin van Sy bediening, nadat hy tyd in die woestyn spandeer het om te ontdek aan wie Hy behoort en wie Hy is. Begin Hy sy dissipels te roep en vir die volgende 3 jaar van Jesus se lewe spandeer Hy tyd om hul te dien sodat hulle mekaar kan vertrou, genade kan bewys en geloof geskep kan word.

(Mar 9:35) En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

Die plek van vertroue is die plek van diens

As ek as leier ‘n selfsugtige perspektief het van diens sal geen persoon na my toe aangetrek word nie, maar wanneer ek dien dan word mense outomaties na my toe aangetrek.

Vertroue vloei uit ‘n hart van liefde wat ‘committed’ is tot diens aan ander deur: Jou woord te hou, om bemoediging en waardering uit te spreek, deur ondersteuning en aanvaarding, deur vergifnis te gee en te ontvang, om te herstel. Die krag om herstel te bring lê opgesluit in een woord, LIEFDE. Luister na Paulus se woorde:

(1Kor 13:1-7) Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Stop en dink:

1. Skryf drie maniere neer hoe jy kan groei in vertroue.
2. Skryf twee goed neer wat steel van jou vertroue en wat jou leierskap op risiko plaas.
3. Dink aan ‘n tyd wat jy vertroue verloor het in ‘n leier. Hoe het jy gevoel? Hoe lank het dit gehou? Wanneer het jy hom of haar vergewe?

“Leadership is a relationship of influence” – Walter Wright

Besoek die Kleingroepe Blad
Besoek ons Toerustings Huisplan

Ondersteun Ons vennote

01 February 2010

Leierskap 2: Lei Ek soos Jesus?

Die oomblik wanneer ek ontdek dat ek geroep is om te lei, is die vraag altyd. Hoe? Hoe lei ek of hoe lei ek soos Jesus.

"Leading like Jesus is a transformational journey". – Ken Blanchard

Om te leer lei soos Jesus is meer as ‘n aankondiging, dit is ‘n ‘commitment’ om te lei op so ‘n manier dat mense se lewens getransformeer word. Dit begin by:

Persoonlike leierskap, dan een op een leierskap, dan spanleierskap en dan leiding in die gemeenskap.

Effektiewe leierskap begin aan die binnekant. Voordat jy iemand anders kan lei moet jy eers jouself kan lei. Ons noem hierdie persoonlik leierskap want dit gaan oor keuses. Elke leier moet twee kritiese vrae antwoord.

1. Wie s’n is ek?
2. Wie is ek?

Die eerste vraag deel met keuse van primêre outoriteit en gehore vir my lewe. In ander woorde, wie is jy besig om te beïndruk ? (behaag). Die skrif leer ons dat ons is gemaak om God te behaag.

(Gal 1:10) Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.

Elkeen van ons het ‘n keuse om God te behaag of nie.

Die tweede vraag gaan oor my en jou persoonlike doel op aarde. Hoekom is ek hier? Wat wil Hy deur my lewe doen? Die skrif leer ons dat ons vervulling lê in Sy missie vir ons lewens.

(Jer 29:11) I know what I'm doing. I have it all planned out--plans to take care of you, not abandon you, plans to give you the future you hope for.

Ons sukses in die lewe is afhanklik van ons verhouding met Christus en die vlak van beheer wat Hy opneem in my lewe. Die natuurlike uitdrukking van om God te behaag en totale beheer aan Hom oor te gee verander ons perspektief. As ek my lewe leef sonder hierdie perspektief, dan is my fokus inwaarts en selfgesentreerd. As ek my lewe leef met die regte perspektief dan is my lewe uitwaarts en het ek vrymoedigheid wat my lewe lei.

Stop en dink:
1. Wie beïndruk ek?
2. Wie is in beheer van my lewe?

(Joh 5:30) Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
-----------------------------------------------------------
Ondersteun Ons Vennote

Leierskap 1: Sal iemand asb lei!!!

Ons vind onsself in ‘n tydvlak waarin leierskap broodnodig is. Van chaos, tot ‘confusion’ en middelmatigheid in ons skole, werke, families, persoonlike lewens, politiek ens. Kom een vraag na vore: Sal iemand asb lei?

Dit was Theodore Roosevelt wat gesê het: “We need leaders of inspired idealism. Leaders to whom are granted great visions, which dream greatly and strive to make their dreams come true; who can kindle the people with fire from their own burning souls. “

Daar is ‘n manier om te lei wat God verheerlik en restorasie bring tot jou persoonlike lewe, huisgesin, werk en kerk. Die antwoord tot die leierskap vraag lê opgesluit in Spr 3: 5-6:

With all your heart you must trust the LORD and not your own judgment. Always let him lead you, and he will clear the road for you to follow. (Pro 3:5-6 CEV)

Hy is die een wat lei, en as ek Hom volg dan lei ek ander op dieselfde manier. Nou dink jy dit is wonderlik ek kan Jesus volg. Maar is ek regtig ‘n Leier?

Leierskap is ‘n proses van invloed. Enige oomblik wat ek en jy ‘n begeerte het om ander se denkwyse, gewoontes of ontwikkeling in hul persoonlike lewens te beïnvloed. Dan is ek en jy besig om te lei.

Hier is ‘n paar voorbeelde:
‘n Ma met haar kind enige tyd van die dag.
‘n Vriend/ vriendin wat gevaal het in morele misstap en wat hom/haar afsny van die samelewing.
‘n Pa en Ma wat ooreenkoms soek op hul begroting op ‘n daaglikse basis.
‘n Volwassene wat advies gee aan sy/haar ouers oor hul oudag.

Twee dinge staan uit in hierdie lys:
1. Elkeen van hierdie mense is ‘n leier omdat hy/sy besig is om ander te beïnvloed, in ‘n positiewe of negatiewe manier.
2. Elkeen van hierdie leiers is besig om ‘n persoonlike besluit te maak oor hoe of tot watter mate hulle invloed gaan gebruik.

Meeste van die leiers wat ons lewens op ‘n daaglikse basis beïnvloed is mense soos ek en jy. Paulus het dit geweet en gee vir my en jou ‘n riglyn om ‘n goeie leier te wees.

If anyone wants to provide leadership in the church, good! But there are preconditions: A leader must be well-thought-of, committed to his wife, cool and collected, accessible, and hospitable. He must know what he's talking about, not be over fond of wine, not pushy but gentle, not thin-skinned, not money-hungry. He must handle his own affairs well, attentive to his own children and having their respect. For if someone is unable to handle his own affairs, how can he take care of God's church? He must not be a new believer, lest the position go to his head and the Devil trip him up. Outsiders must think well of him, or else the Devil will figure out a way to lure him into his trap. (1Tim 3:1-7 MSG)

Stop en dink:
1. Daar is ‘n roep na leierskap, is jy besig om te lei?
2. As leier, is jy besig om mense positief of negatief te beïnvloed?
3. Lees deur 1Tim 3:1-7, waaraan moet jy werk in die volgende week?
-----------------------------------------------------------------------------------
Ondersteun Ons vennote