23 March 2010

Nuusbrief 23 Maart 2010

Belangrike Datums.........
*********************************************************************
Hierdie jaar is druk aan die gang en kan jy dit glo dit is al die einde van die eerste kwartaal.  Tot en met datum het ons al oor die 40 besoekers gehad wat die Kampus die eersate kwartaal besoek het.  Baie dankie ook aan al die selleiers wat so hard gewerk het die afgelope paar weke en veral vir hulle toewyding en bereidwilligheid om 'n verskil te maak in die lewens van mense.

Ek wil ook graag 'n versoek rig aan almal wat hierdie brief ontvang om te bid tov om betrokke te raak by die HOPE (Help Our People Eat) projek.  Ons het die eerste kwartaal heelwat families uit die HOPE projek geondersteun.  Ons het egter 'n tekort aan sekere kos tipes wat ons uitgee en dus sal jou betrokkenheid 'n wesenlike verskil kan maak.  Baie dankie ook aan almal wat reeds kos of finansieel bydra.

Indien jy by die HOPE projek betrokke wil raak, kontak asb vir Hanelie op 0824531723 of epos hanelie@doxadeo.co.za.

Ons waardeer julle
Pinetown Span
****************************************************
Funny Factory

"Vuvuzella in Stereo"

16 March 2010

Leierskaps 8: Leierskapswaarde – Sinergie

(Mat 18:20 Ampl) For wherever two or three are gathered (drawn together as My followers) in (into) My name, there I AM in the midst of them. [Exod. 3:14]

Wat beteken Sinergie?
‘Synergy is two or more things (whether machines, people or organizations) working together where the SUM RESULT IS GREATER than that of the individual effort.’
Dit beteken elke deel is so geintegreerd dat dit effektiwiteit bevorder.  Dit is nie nou meer my deel of jou deel nie.  Dit is nou jou deel en my deel geintegreerd wat bydra tot die groter prentjie. Sinergie is ‘n hoër funksionering as die vlak van interafhanklikheid.

Interafhanklikheid het ‘n behoefte gedrewe perspektief (waar ek en jy saamwerk om te oorleef).

Terwyl sinergie ‘n visie gedrewe perspektief het (waar ek en jy saamwerk om die doel te bereik).

Die sleutel tot sinergie is gesetel in die ontdek dat ek en jy verskillend is.  Die oomblik wanneer ek jou sterktes respekteer en daarop bou, dan het ons sinergie. Wanneer ek en jy sinergie verstaan en om arm dan skep ons ‘n omgewing van vertroue, omgee en diens.  Dit maak my minder selfsugtig, oorbeskermend en minder veroordelend.  Hierdie is die kultuur wat ons wil skep in Doxa Deo.

Die grootste uitdaging vir my en jou is dat ek en jy gekondisioneer is om te verdedig en onsself te beskerm.  Maar sinergie vra van my en jou onwrikbare identiteit.  En as leier om in nederigheid my beperkings te erken.  En waardering te hê vir die sterktes van ander terwyl ons harte en gedagtes vervleg word met mekaar.  Sinergie leef glad nie in ‘n omgewing van isolasie.

Stop en dink:

1. Is jou identiteit vas in Christus?
2. Kan jy ander se sterktes waardeer en respekteer?
3. Leef jy in isolasie of is jou wagwoord samewerking?
When we align with each other with pure intention for good, "The combined energy creates a power exponent which is the quotient of one third our number . . . God Geometrizes (Example: A group of twelve would create an exponent of four. 12 divided by 3 equals 4. Therefore the exponent would be 12 to the fourth power, or 20,736!)" Quote from Kryon: The End Times, by Lee Carroll.
Whatever we do - we can do it better when we do it together.

Belangrike Datums....Belanrike Datums......
  •  17 Maart - Imagine Vroue event saam met Tracey Oliver
  •  2 April - Goeie Vrydag diens @ 08:30
  •  4 April - Paas Sonddagdiens @ 08:30 (NB: Daar is geen aanddiens nie)

Funny Factory
Vat so - Fluffy!!

08 March 2010

Leierskaps 7: Leierskapswaarde – Koninkryksfokus

** [Gaan na die onderkant van die bladsy en druk op "Comments" om jou kommetaar / Boodskap / Voorstel te los]


Die koninkryk van God is die plek van Sy heerskappy, Sy outoriteit en Sy gesag. Om God se Koninkryk te ontvang het ons nodig om hierdie outoritiet van God te aanvaar vir die hier en nou. Wanneer hierdie koninkryk ‘n realiteit word in my en jou lewe dan leef ons in die realiteit van hierdie seën. God het Jesus die Koning van hierdie skepping gemaak. Hy is Koning van die sienlike en onsienlike.

(Mat 28:18) En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

Ons as mense in Christus op hierdie aarde het gedelegeerde gesag ontvang in die sienlike en onsienlike wêreld. Sy begeerte vir elkeen van ons is om hierdie aarde te ‘subdue’.

(Gen 1:28) And God blessed them and said to them, Be fruitful, multiply, and fill the earth, and subdue it [using all its vast resources in the service of God and man]; and have dominion over the fish of the sea, the birds of the air, and over every living creature that moves upon the earth.

In Doxa Deo glo ons dit is die kerk se verantwoordelikheid om as agent van die koninkryk van God op te tree. Deur dit te bewerkstellig het elke individu nodig om kerk te wees in plaas van om kerk te doen. Die implikasie vir my en jou is dat ek en jy die verantwoordelikheid sal opneem vir ons onderskeie areas van invloed (sfere van samelewing - (1) opvoedkunde, (2) kunste, (3) besigheid, (4) kerk, (5) media, (6) sosiale dienste, (7) politiek, (8) sport). En ons gemeenskap te belyn met die waardes van die Koninkryk van God. Ons droom in Doxa Deo is om die heerskappy van God te vestig in ons stad.
Ons doen dit deur:
1. Elke persoon in ons sorg te mobiliseer om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul omgewing van invloed.
2. Elke persoon aan te moedig om hul omgewing strategies te infiltreer om mense te beïnvloed met ‘n koningkryksfokus.
3. Elke persoon aan te moedig om ‘n voorbeeld te wees en sodoende ‘n nuwe model van funksionering te vestig. Sodat jou area van invloed sal verander na ‘n plek waar God regeer.

Stop en dink:

1. Het jy al verantwoordelikheid vir jou omgewing opgeneem?
2. Is jy besig om jou omgewing/werksplek/familie te infiltreer om God se koninkryk uit te brei?
3. Wat is die waardesisteem wat jy vestig in jou plek van invloed?

Onthou die volgende datums.......

-- 13 Maart - Power of Love uitreik
-- 14 Maart - Kindertoewydingsdiens (Kontak die kantoor vir meer info)
-- 14 Maart - Selleier vergadering om 5uur by die kampus.
-- 17 Maart - Imagine vroue event saam met Tracy Oliver.

Links.....links.....links.......links.....

•Gebruik die boustene op ons toerustings bladsy in jou gespreke met ander.
•Lees die volgende berig oor die DSTV pornografies kanaal en maak jou stem DIK!!

Funny Corner
Dis hoekom daar so baie suiker in Coke is!!!

02 March 2010

Leierskap 6: Die rol van leierskap en waardes


** [Gaan na die onderkant van die bladsy en druk op "Comments" om jou
kommetaar / Boodskap / Voorstel te los]



Leadership is about going somewhere

Effektiewe leierskap begin by duidelike visie. Of dit ‘n persoonlike visie is, vir jou familie of vir jou organisasie. Almal wil altyd weet waarheen is jy oppad en waarheen vat jy my. As ons nie weet waarheen ons oppad is nie sal ons nooit die om ons opgewonde kry oor die ‘journey’ soontoe nie.

Wanneer Jesus mense gelei het was daar altyd twee faktore teenwoordig, rigting (direction) en bemagtiging (empowerment). Vir hierdie twee faktore om effektief te kan funksioneer vra vir die regte waardes.

In Jesus se lewe was sy rigting dit: ‘Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. (Mat 4:19 AOV)’. Hy het sy dissipels bemagtig deur vir hul die prentjie van die toekoms te gee: ‘Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Mat 28:19 AOV) Wanneer hy gekonfronteer word oor sy waardes was sy antwoord: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Mat 22:36-39 AOV)’

Net so in Doxa Deo glo ons onwrikbaar dat die Here ons ‘n droom gegee het wat sê:  Vestig die heerskappy van God in 12 stede.  Bemagtig elke mens om ‘n ‘city changer’ te word deur te ‘surrender, serve en subdue’. Hierdie droom is slegs moontlik deur die vestiging van kernwaardes in die volgende areas van funksionering:

Leierskap wat uitdrukking vind in: Visie, waardes, mensontwikkeling en strategiese belyning.
Bestuur wat uitdrukking vind in: Beplanning, koördinering, monitoring en probleemoplossing.
Bediening wat uitdrukking vind in: Versorging, toerusting, aanbidding en uitreiking.

In al drie hierdie areas is daar kernwaardes wat ‘embrace’ moet word. Hierdie waardes is die invloed wat die kultuur vestig in alles wat ons doen. Om die belangrikheid van waardes te verstaan het ons nodig om te weet wat is dit en wat doen dit.

We can define core values as the constant, passionate, biblical core beliefs that drive a person.
Die effek van waardes kommunikeer die volgende in jou lewe: Dit wat belangrik is. Wat jou gedrag gaan wees. Hoe jy mense gaan inspireer tot aksie. Wat die dryfkrag gaan wees van jou bediening.
Waardes beïnvloed die volgende: Hoe jy keuses maak. Hoe jy risikos neem. Wat jou prioriteite gaan wees. Hoe jy konflik gaan hanteer. Hoe jy jou bronne gaan aanwend.

Stop en dink:

  • Wat is die rigting van jou lewe?
  • Is jy besig om die om jou te bemagtig om ‘city changers’ te word?
  • Stem jou waardesisteem ooreen met die van Doxa Deo?
Core values are those vital few values that all members of the organization are expected to use, live by and demonstrate on a daily basis while executing their work responsibilities.


Belangrike Datums om te Onthou
==  11 Maart - Kindertoewydings gesprek.
==  14 Maart - Kindertoewyding tydens Sondagoggenddiens.
==  17 Maart - Original Vroue event by die Kampus saam met Tracey Oliver.
==  Elke Maandagaand - Gebed in Lesing Lokaal.
Check hierdie uit!!


Links....Links.....Links....Links....
1.  Maak gerus 'n draai by Mirror Reflection vir toerusting material, downloads en nog meer.
2.  Gaan kyk na Pinetown Kampus se kleingroepe bladsy
3.  Gebruik die boustene op ons toerustings bladsy in jou gespreke met ander.

"Crouch"...."Touch"...."Pause"....."Engage"