"Leading like Jesus is a transformational journey". – Ken Blanchard
Om te leer lei soos Jesus is meer as ‘n aankondiging, dit is ‘n ‘commitment’ om te lei op so ‘n manier dat mense se lewens getransformeer word. Dit begin by:
Persoonlike leierskap, dan een op een leierskap, dan spanleierskap en dan leiding in die gemeenskap.
Effektiewe leierskap begin aan die binnekant. Voordat jy iemand anders kan lei moet jy eers jouself kan lei. Ons noem hierdie persoonlik leierskap want dit gaan oor keuses. Elke leier moet twee kritiese vrae antwoord.
1. Wie s’n is ek?
2. Wie is ek?
Die eerste vraag deel met keuse van primêre outoriteit en gehore vir my lewe. In ander woorde, wie is jy besig om te beïndruk ? (behaag). Die skrif leer ons dat ons is gemaak om God te behaag.
(Gal 1:10) Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.
Elkeen van ons het ‘n keuse om God te behaag of nie.
Die tweede vraag gaan oor my en jou persoonlike doel op aarde. Hoekom is ek hier? Wat wil Hy deur my lewe doen? Die skrif leer ons dat ons vervulling lê in Sy missie vir ons lewens.
(Jer 29:11) I know what I'm doing. I have it all planned out--plans to take care of you, not abandon you, plans to give you the future you hope for.
Ons sukses in die lewe is afhanklik van ons verhouding met Christus en die vlak van beheer wat Hy opneem in my lewe. Die natuurlike uitdrukking van om God te behaag en totale beheer aan Hom oor te gee verander ons perspektief. As ek my lewe leef sonder hierdie perspektief, dan is my fokus inwaarts en selfgesentreerd. As ek my lewe leef met die regte perspektief dan is my lewe uitwaarts en het ek vrymoedigheid wat my lewe lei.
Stop en dink:
1. Wie beïndruk ek?
2. Wie is in beheer van my lewe?
(Joh 5:30) Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
-----------------------------------------------------------
Ondersteun Ons Vennote

As jy nie lei vir Jesus nie, Sal jy ly in jou leierskap. Leierskap is ook vaderskap, soms moet jy mense 'coach' om te volg.
ReplyDeleteHi Garry!!
ReplyDeleteDie blog is gr8! Geniet die stukke wat jy skryf terdee. Was ook by die kursusse kant in en by die kleingroepe afdeling. Opgemerk dit moet n bietjie ge-update word. Van die leiers is nie eers meer in die gemeente nie.
Hi Anonymous,
ReplyDeleteJa - die blog is great!Well done Gary!
Alle leiers is welkom om julle inligting en fotos op die website vir my ella@mmponline.co.za deur te gee - gaan kyk na jul inligting en laat my weet - Saam sal ons wen!!
Dankie vir die insette, ek is tans besig om die webblad op te dateer met die nuwe fotos...hou dit dop! Ek stem saam met Ella...saam sal ons wen.
ReplyDeleteGary
Hi Gary!
ReplyDeleteJa well done met die blog. Goeie stukkies om mee te werk.Laat mens so bietjie dink! Goeie werk